Maatjies, mens kry mos nie ‘n liedjie sonder ‘n wysie en woorde nie. Jy kry nie ‘n hond sonder ‘n blaf of ‘n taxi sonder ‘n toeter nie. Net so kry mens ook nie ‘n kind sonder ‘n gawe nie. Nee, elke kind is net soos ‘n olimpiese kampioen, NET SOOS JY is. Nie ‘n KAMPIOEN soos wat party dink of glo nie. NEE, ALMAL is UNIEK. BELOWE MY julle sal dit nooit OOIT vergeet nie!
Nou wonder julle seker wat vir ‘n ding ‘n gawe is? ‘n Gawe is iets waarvan jy baie hou om te doen en jy kan dit ook baie goed doen! Maats, en die heel beste deel van gawes is… ONS ALMAL HET ‘N GAWE! Daar is baie verskillende gawes, maar ALMAL het ‘n gawe. Is dit nie die beste nuus ooit nie?
Om ander te vertroos en hulle weer moed te gee is sowaar ’n baie spesiale gawe. Ons noem sulke mense BARMAHARTIGES, soos Buddy die dierbare Kameelperd. Hulle verdien elkeen ‘n Olimpiese… MAAK-SEER-HARTE-BETER-MEDALJE. Maar onthou liewe kinders, ons almal is nie barmhartiges nie… en ons almal hoef ook nie te wees nie! Elkeen van ons is baie, baie…… leer saam met my hierdie nuwe groot woord, U-N-I-E-K!!! Dit beteken SPESIAAL.
En daarom verdien ELKEEN van ons klaar ‘n medalje!
Diere werk ook so! Het jy al gewonder hoekom ‘n mier kan werk en dien, soos ‘n ge-oliede masjien? Party kan in Prentjies sien... VANDAG gaan ek julle leer! Oooo, dis wonderlik, cool, lekkerder as die soetste lemoen om te weet, ALMAL het ‘n gawe! KOM ONTMOET DIE DIERTJIES EN HULLE GAWES SAAM MET MY!
Kies die diere maatjie met ‘n persoonlikheid wat klink soos JY,
en druk die prentjie sodat jou nuwe TROETELDIER in jou kamer kan bly!
BARMHARTIGE
BEMOEDIGENDE VERMANER
UITDELERS
VOORLOPER
PROFESIE
LEERAAR